Sagaria 4:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die engel wat met my gepraat het, het teruggekom na my toe. Hy het my wakker gemaak asof ek aan die slaap was.

2. Hy het vir my gevra: “Wat sien jy nou?” Ek het geantwoord: “Ek sien ’n lampstaander van soliede goud met ’n oliebak bo-op. Rondom die oliebak is daar sewe lampe, elkeen met sewe tuite en lamppitte.

3. “Ek sien twee olyfbome, een aan elke kant van die oliebak.”

4. Ek het toe vir die engel gevra: “Wat beteken dit, Meneer?”

5. “Weet jy nie?” het die engel gevra.“Nee, Meneer,” het ek geantwoord.

6. Hy het toe vir my gesê: “Dit is wat die Here vir Serubbabel sê: Nie met mag of krag nie, maar deur my Gees, sê die Here, die Almagtige.

7. “Wie is jy, grote berg? Voor Serubbabel word jy sommer ’n gelyk pad! Hy sal die laaste klip van die tempel lê en die mense sal uitroep: ‘Genade, genade oor hom!’”

8. Die woord van die Here het weer na my toe gekom:

Sagaria 4