Sagaria 1:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Ek het toe die engel wat met my gepraat het, gevra: “Meneer, wat beteken al hierdie perde?”“Ek sal jou wys,” het die engel geantwoord.

10. Die man wat daar tussen die mirtebome gestaan het, het verduidelik: “Die Here het hulle uitgestuur om die hele aarde te patrolleer.”

11. Die ruiters het toe verslag gedoen aan die engel van die Here wat tussen die mirtebome gestaan het: “Ons het die aarde deurkruis en die hele aarde is rustig en stil.”

12. Toe die engel van die Here dit hoor, het hy hierdie gebed gebid: “O Here, die Almagtige, vir 70 jaar is U nou reeds kwaad vir Jerusalem en die dorpe van Juda. Hoe lank nog voordat U hulle weer genadig sal wees?”

Sagaria 1