Romeine 9:25-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Oor laasgenoemde sê God in die boek Hosea tereg:“Hulle wat nie my volk was nie,sal Ek nou mý volk noem.En Ek sal haar liefhê wat nie voorheen my geliefde was nie.”

26. En: “Dáár waar vir hulle gesê is:‘Julle is nie my volk nie,’juis daar sal hulle kindersvan die lewende God genoem word.”

27. Maar wat Israel betref, roep Jesaja uit: “Al was die Israeliete so baie soos die sand op die seestrand, sal net ’n handjievol oorblywendes verlos word.

28. Want die Here gaan sy saak hierop aarde eens en vir altyd finaliseer.”

29. Jesaja het trouens al vroeër verklaar:“As die Here, die Almagtige, nie ’n paar van ons laat oorbly het nie,sou ons volledig uitgewis gewees hetnet soos Sodom en Gomorra.”

30. As ons hieroor nadink, wat is ons slotsom? Dit is dat nie-Joodse nasies die vryspraak deur die geloof verkry het, al het hulle hulle nie daarvoor beywer nie.

31. Terselfdertyd het Israel, wat so hard probeer het om deur nakoming van die wet God se goedkeuring te verkry, nie daarin geslaag nie.

32. Hoekom nie? Juis omdat hulle dit op grond van hulle werke probeer verkry het en nie deur die geloof nie. Dit was die klip waaroor hulle gestruikel het.

Romeine 9