24. Ons is hierdie voorwerpe – ons vir wie Hy geroep het, nie net uit die Jode nie, maar ook uit die nie-Joodse nasies.
25. Oor laasgenoemde sê God in die boek Hosea tereg:“Hulle wat nie my volk was nie,sal Ek nou mý volk noem.En Ek sal haar liefhê wat nie voorheen my geliefde was nie.”
26. En: “Dáár waar vir hulle gesê is:‘Julle is nie my volk nie,’juis daar sal hulle kindersvan die lewende God genoem word.”
27. Maar wat Israel betref, roep Jesaja uit: “Al was die Israeliete so baie soos die sand op die seestrand, sal net ’n handjievol oorblywendes verlos word.
28. Want die Here gaan sy saak hierop aarde eens en vir altyd finaliseer.”
29. Jesaja het trouens al vroeër verklaar:“As die Here, die Almagtige, nie ’n paar van ons laat oorbly het nie,sou ons volledig uitgewis gewees hetnet soos Sodom en Gomorra.”
30. As ons hieroor nadink, wat is ons slotsom? Dit is dat nie-Joodse nasies die vryspraak deur die geloof verkry het, al het hulle hulle nie daarvoor beywer nie.