Romeine 7:17-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Maar nou is dit nie meer ek wat die verkeerde doen nie, maar eerder die sonde wat in my woon.

18. Ek weet dat ek – ten minste wat my ou, sondige natuur betref – nie oor die vermoë beskik om die goeie te doen nie. Want die begeerte tot die goeie is daar, maar ek kry dit nie uitgevoer nie.

19. Ek versuim die goeie wat ek so graag wil doen, maar die slegte wat ek nie wil nie, dít doen ek.

20. As ek dan doen wat ek nie wil nie, is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar eerder die sonde wat in my woon.

21. Ek ervaar dus die volgende lewenswet: As ek die goeie wil doen, is die kwaad byderhand.

22. Ek verheug my immers in my diepste wese in die wet van God.

Romeine 7