Romeine 3:28-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. Ons is immers daarvan oortuig dat mense vrygespreek word deurdat hulle glo en nie deur wetsgehoorsaming nie.

29. Per slot van sake is God nie net ’n God van die Jode nie, maar ook van die nie-Jode.

30. Daar is net een God en daar is net een manier om sy vryspraak te ontvang. Hy spreek mense vry net deurdat hulle glo – en dit geld vir Jode sowel as nie-Jode.

Romeine 3