8. Nee, die verlossing wat joune word deurdat jy glo – en dit is juis hierdie boodskap wat ons verkondig – is sommer hier by jou. Om die waarheid te sê, die Skrifwoord lui:‘Die boodskap is hier by jou, op jou lippe en in jou hart.’”
9. Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word.
10. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos.
11. Soos die Skrif sê: “Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.”
12. Inderdaad! Dit maak geen verskil of jy ’n Jood of ’n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here en Hy deel sy rykdomme uit aan almal wat Hom aanroep.
13. Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word”.