Rigters 10:16-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Hulle het ontslae geraak van die ander gode en net die Here aanbid. Hy was jammer vir hulle omdat hulle so swaargekry het.

17. Die Ammoniete het saamgetrek om oorlog te maak. Hulle het kamp opgeslaan in Gilead. Die Israeliete het ook bymekaargekom en hulle reggemaak vir oorlog. Hulle het by Mispa kamp opgeslaan.

18. Die aanvoerders by Gilead het met mekaar ooreengekom: “Die een wat die oorlog teen die Ammoniete begin, sal die leier wees van almal wat in Gilead bly.”

Rigters 10