1. Ná Abimelek was Tola Israel se rigter. Hy was die seun van Puwwa, die seun van Dodo, uit die stam Issaskar. Hy het in Samir in die heuwels van Efraim gebly.
2. Hy het Israel 23 jaar lank gelei. Hy is dood en is in Samir begrawe.
3. Ná hom het Jaïr uit Gilead Israel 22 jaar lank gelei.
4. Sy 30 seuns het elkeen op ’n donkie gery. Hulle het 30 dorpe in Gilead gehad. Dit word vandag nog die tentdorpe van Jaïr genoem.
5. Toe Jaïr sterf, is hy in Kamon begrawe.