Psalms 80:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Luister tog, Herder van Israel,U wat Josef soos ’n kudde gelei het.U wat oor die gerubs troon,verskyn tog in u heerlikheid

3. aan Efraim, Benjaminen Manasse.Toon ons u magtige krag!Kom tot ons redding!

4. O God, herstel ons tog!Laat u guns weer oor ons skynsodat ons gered kan word.

5. Here, God die Almagtige,hoe lank sal U kwaad blyten spyte van u volk se gebede?

Psalms 80