Psalms 69:9-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Vir my broershet ek ’n onbekende geword,’n vreemdelingvir die seuns van my moeder.

10. ’n Ywer vir u huis brand in my,die beledigings teen U gemik,tref ook vir my.

11. Wanneer ek huil terwyl ek vas,moet ek hulle beledigings verduur.

12. Wanneer ek rouklere aantrek,skeer hulle met my die gek.

13. Dié wat sit in die stadspoortskinder van my,en die dronkaardsmaak liedjies oor my.

14. Wat my betref, ek bid tot U,Here;antwoord my op u bestemde tyd,o God.In die grootheid van u troue liefde,antwoord my met u troue redding!

15. Trek my op uit die moddersodat ek nie dieper wegsink nie!Red my van my hatersen uit die diep waters.

16. Moenie dat die watervloedmy oorweldig,of die diep waters my insluk,of die graf bokant my toegaan nie.

17. Antwoord my, Here, want u genade is goed;verhoor myin u groot barmhartigheid.

18. Moenie u gesigvir u dienaar wegdraai nie;antwoord my gou, want ek is in nood!

19. Kom na my toe en red my lewe.Bevry my tog van al my vyande.

Psalms 69