30. Ek is ellendig en in pyn.Laat u redding, o God, my beveilig.
31. Ek sal God se Naam loof met sang,Hom met danksegging verheerlik.
32. Die Here verkies dit bo bulleen bo ’n volmaakte offerdier.
33. Die verdruktes sal dit sienen bly wees.Laat almal wat God dien,weer moed skep,
34. want die Herehoor dié in nood,en vergeet nie sy mensewat in aanhouding is nie.
35. Laat hemel en aarde Hom prys,die see en alles wat daarin beweeg.
36. Want God sal Sion reden die stede van Juda herbou.Sy volk sal daar woonen die land besit.
37. Die nageslag van sy dienaarssal dit erf;en hulle wat sy Naam liefhet,sal daar woon.