Psalms 69:26-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Mag hulle wonings leeg staanen hulle tente verlate.

27. Hulle vervolg die eenwat U reeds getref heten vertel van die pynvan dié wat U deurboor het.

28. Stapel hulle sonde opsodat hulle nie sal deelin u vryspraak nie.

29. Wis uit hulle nameuit die Boek van die Lewesodat hulle nie as regverdigesopgeteken sal word nie.

30. Ek is ellendig en in pyn.Laat u redding, o God, my beveilig.

31. Ek sal God se Naam loof met sang,Hom met danksegging verheerlik.

32. Die Here verkies dit bo bulleen bo ’n volmaakte offerdier.

Psalms 69