Psalms 69:24-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Laat hulle oë blind word,en hulle liggame al swakker.

25. Stort u woede uit op hulle;laat u brandende toorn hulle verteer.

26. Mag hulle wonings leeg staanen hulle tente verlate.

27. Hulle vervolg die eenwat U reeds getref heten vertel van die pynvan dié wat U deurboor het.

28. Stapel hulle sonde opsodat hulle nie sal deelin u vryspraak nie.

29. Wis uit hulle nameuit die Boek van die Lewesodat hulle nie as regverdigesopgeteken sal word nie.

30. Ek is ellendig en in pyn.Laat u redding, o God, my beveilig.

Psalms 69