Psalms 49:10-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. sodat hy vir altyd sal leween die dood nie sal sien nie.

11. Almal kan sien: Wyse mense sterf,ook die dwaas en die stommerik,en laat hulle rykdom agter vir ander.

12. Hulle grafis hulle tuiste vir altyd.Daar sal hulle blyvan geslag tot geslag,selfs al het hulle die grondna hulleself vernoem.

13. Die mens in weelde leef nie vir altyd nie,maar sterf self net soos die diere.

14. Dit is die lot van dwase mense,en dié wat hulle woorde beaam. Sela

15. Soos skapeis hulle vir die doderyk bestem,daar waar die doodhulle herder sal wees.Die opregtes sal oor hulle seëvierwanneer die dag aanbreek;hulle sal verrot in die grafwat vir hulle ’n tuiste sal wees.

16. Maar God sal my verseker loskoopuit die mag van die doderyken my saam met Hom neem. Sela

17. Moenie ontsteld word as die goddelose ryk worden sy woning nog mooier maak nie.

Psalms 49