Psalms 43:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Want U, o God, is my veilige skuilplek.Hoekom het U my dan verstoot?Hoekom moet ek rouomdat vyande my verdruk?

3. Stuur u lig en u waarheid;laat dit my lei.Laat dit my bring na u heilige berg,na die plek waar U woon.

4. Ek sal ingaanna die altaar van God,na God,die bron van vreugdeen blydskap.Ek sal U loof met die harp,o God, my God!

5. Hoekom is ek so neerslagtig?Hoekom so verontrus?Ek sal op God vertrou!Ek sal Hom weer prys,Hy is my redder en my God!

Psalms 43