Psalms 40:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Ek het met hunkeringop die Here gewag.Hy het na my afgebuig en my geroep gehoor,

3. en my opgeteluit die afgrond van die dood,uit die modder en die slym.Hy het my voete op ’n rots laat staanen my op vaste grond laat loop.

4. Hy het my ’n nuwe lied gegee,’n lofsang om ons God te prys.Baie sal met eerbied toekyk.Hulle sal op die Here vertrou.

5. Geseënd is die menswat op die Here vertrou,wat hom nie wend na hooghartiges,of vertrou op vals gode nie.

Psalms 40