Psalms 37:34-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

34. Vertrou die Hereen volg sy voorskrifte.Hy sal jou ophefsodat jy die land sal besiten die goddelose se uitwissing sal sien.

35. Ekself het dit sien gebeur:Hoogmoedige en bose mensefloreer soos welige bome.

36. Maar toe ek weer kyk, was hulle weg!Hoewel ek hulle gesoek het,kon ek hulle nie kry nie!

37. Maar kyk na hullewat eerlik en opreg is,want die toekoms van so ’n mensis vol vrede.

38. Maar oortreders word saam vernietig;hulle toekoms sal tot ’n einde kom.

39. Die Here red die regverdiges;Hy is ’n toevlug in moeilike tye.

40. Die Here help hulle,en red hulle van goddelose mense.Hy red hulle,want hulle skuil by Hom.

Psalms 37