24. Gee uitspraak oor my in ooreenstemming met u regverdigheid,Here my God.Moenie dat hulleoor my lekkerkry nie.
25. Moenie dat hulle sê:“Dis net wat ons wou hê!” nie.Moenie dat hulle sê:“Ons het hom vernietig!” nie.
26. Mag hulle wat juig oor my nood,verneder word en in skande kom.Mag hulle wat op my neersienmet skaamte en oneer bedek word.
27. Laat hulle wat juig oor my vryspraak,uitroep van vreugde en blydskap.Laat hulle voortdurend sê:“Groot is die Herewat Hom verheugin die vrede van sy dienaar.”
28. Ek sal u geregtigheid verkondig,ek sal U die hele dag lank prys.