Psalms 32:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Maar ek het my oortredings bely,my sonde nie weggesteek nie.Ek het gesê:“Ek bely my opstand teen die Here.”En my sonde en oortredingshet U vergewe. Sela

6. Daarom moet al die vromes U aanbidin tye van nood.Die groot vloedwaterssal dié mens beslis nieoorval nie.

7. U is vir my ’n skuilplek.U beskerm my van teëspoed.U omring my met liederevan redding. Sela

8. Die Here sê:“Ek sal jou onderrigen die pad wys waarop jy moet gaan.Ek sal vir jou raad gee,my oog sal op jou wees.

9. Moenie redeloos weessoos ’n perd of muilwat met stang en toombeheer moet word nie.”

Psalms 32