Psalms 27:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here is my lig en my redding.Vir wie moet ek dan vrees?Die Here is my lewenstoevlug.Vir wie sal ek dan bang wees?

2. Wanneer bose mense komom my te verslind,my vyande en teenstandersmy aanval,struikel en val húlle.

3. Al sou ’n magtige leër teen my optrek,ek sal nie bang wees nie.Al sou hulle my aanval in ’n geveg,selfs dán sal ek hoopvol bly.

Psalms 27