Openbaring 8:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe die Lam die sewende seël oopbreek, het daar stilte in die hemel neergedaal, ongeveer ’n halfuur lank.

2. Ek het toe die sewe engele gesien wat voor God stelling inneem. Aan hulle is sewe trompette gegee.

3. ’n Ander engel het nadergekom en by die altaar gaan staan. Hy het ’n goue wierookbak vasgehou. Baie reukwerk is aan hom gegee om dit te meng met die gebede van almal wat aan God toegewy is, en om dit te offer op die goue altaar wat voor die troon staan.

4. Die rookwolk van die reukwerk wat deur die engel geoffer is, is gemeng met die gebede van hulle wat aan God toegewy is, en het opgestyg voor God.

5. Toe het die engel die wierookbak geneem, dit vol gemaak met die vuur van die altaar af en dit op die aarde uitgegooi. Donderslae, rammelinge, weerligstrale en ’n aardbewing het toe daarop gevolg.

6. Die sewe engele wat die sewe trompette vasgehou het, het hulle klaargemaak om daarop te blaas.

Openbaring 8