Openbaring 12:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. ’n Groot teken het in die hemel sigbaar geword: ’n vrou wat met die son omklee is, die maan onder haar voete, en op haar kop ’n kroon met twaalf sterre.

2. Sy was verwagtend en het geskreeu van die geboortepyne en die benoudheid.

3. Daar het ook ’n ander teken in die hemel sigbaar geword: Kyk net – ’n groot rooi draak met sewe koppe en tien horings en op sy koppe was daar sewe koningskrone.

Openbaring 12