Numeri 7:85-89 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

85. Die silwer voorwerpe het altesaam 28 kilogram geweeg, een en ’n half kilogram vir elke bord en 800 gram vir elke bak.

86. Die houers vir die wierook het elkeen 115 gram geweeg, byna een en ’n half kilogram in totaal.

87. Saam met die graanoffers was daar twaalf bulle, twaalf ramme en twaalf jaaroud lammers vir die brandoffer. Daar was ook twaalf ramme vir die sonde-offer.

88. Vir die maaltydoffer was daar altesaam 24 bulle, 60 ramme, 60 bokke en 60 jaaroud rammetjies. Dit was die offers wat gebring is toe die altaar gesalf is.

89. Wanneer Moses in die tabernakel ingegaan het om met God te praat, het hy God se stem van tussen die twee engelfigure op die versoendeksel van die ark van getuienis hoor praat.

Numeri 7