Numeri 7:65-85 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

65. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Abidan, die seun van Gidoni, gebring het.

66. Op die tiende dag het Agiëser sy geskenke gebring. Hy was die seun van Ammi-Saddai en die leier van Dan.

67. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

68. Hy het ook ’n goue houer van 115 gram vol wierook gebring.

69. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

70. ’n bokram as sonde-offer,

71. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Agiëser, die seun van Ammi-Saddai, gebring het.

72. Op die elfde dag het Pagiël sy geskenke gebring. Hy was die seun van Okran en die leier van Aser.

73. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

74. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

75. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

76. ’n bokram as sonde-offer,

77. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Pagiël, die seun van Okran, gebring het.

78. Op die twaalfde dag het Agira sy geskenke gebring. Hy was die seun van Enan en die leier van Naftali.

79. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

80. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

81. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

82. ’n bokram as sonde-offer,

83. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Agira, die seun van Enan, gebring het.

84. Dit was dan die geskenke wat die leiers van Israel spesifiek vir die altaar gebring het toe dit gesalf is: twaalf silwerborde, twaalf silwerbakke en twaalf houers vir die wierook.

85. Die silwer voorwerpe het altesaam 28 kilogram geweeg, een en ’n half kilogram vir elke bord en 800 gram vir elke bak.

Numeri 7