Numeri 36:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Uit die groep van Gilead, die seun van Makir, seun van Manasse uit die Josefstam, het familieleiers gekom en met Moses en met die ander familieleiers kom praat.

2. Hulle het gesê: “Meneer, die Here het u beveel om die land deur loting tussen die Israeliete te verdeel. Die Here het u ook beveel om ons broer Selofgad se grond vir sy dogters te gee.

3. As een van hulle nou met ’n man uit een van die ander Israelitiese stamme trou, sal hulle grond deel word van daardie stam waarin hulle trou. Dit sal ons grond laat minder word.

Numeri 36