Numeri 27:20-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Dra jou gesag aan hom oor sodat al die Israeliete na hom sal luister.

21. Hy sal saam met die priester Eleasar werk. Wanneer hy oor ’n saak moet beslis, sal Eleasar met die lot die wil van God bepaal. So sal Josua en die gemeenskap van Israel weet wat hulle moet doen.”

22. Moses het gemaak soos die Here vir hom gesê het. Hy het Josua laat kom en hom aan die priester en die volk voorgestel.

23. Hy het sy hande op hom gesit en sy pligte aan hom oorgedra, soos die Here vir Moses gesê het.

Numeri 27