Numeri 27:14-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. In die Sinwoestyn het julle al twee my bevel verontagsaam. Toe die volk met julle baklei het, het julle nie by die waters van Meriba, by Kades in die Sinwoestyn, vir hulle gewys hoe heilig Ek is nie.”

15. Moses het vir die Here gesê:

16. “Here, God wat asem gee aan alles wat leef, wys asseblief tog ’n nuwe persoon aan vir die gemeenskap.

17. “Laat dit iemand wees wat hulle kan lei sodat die gemeenskap van die Here nie leierloos word soos skape wat nie ’n herder het nie.”

18. Die Here het vir Moses geantwoord: “Vat Josua, die seun van Nun. God se Gees is in hom. Sit jou hande op hom.

19. Laat hom voor Eleasar die priester en voor die hele gemeenskap gaan staan. Gee hom dan die opdrag om hulle te lei.

20. Dra jou gesag aan hom oor sodat al die Israeliete na hom sal luister.

Numeri 27