Numeri 23:21-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Hy het vir Jakob nie teëspoed in gedagte nie. Hy het nie moeilikheid in die vooruitsig vir Israel nie. Die Here sy God is by hulle. Hy is koning oor hulle.

22. Hy het hulle uit Egipte bevry. Hy is vir Israel soos die brute krag van ’n bees.

23. Geen voorspelling kan iets doen aan Jakob nie. Geen waarsêery het krag teen Israel nie. Van Jakob sal gesê word:‘Watter wonderlike dinge het God vir Israel gedoen.’

24. Die volk staan op en rek hom uit soos ’n leeu.Hy gaan nie lê voor hy sy prooi opgevreet het nie, voor hy die bloed gedrink het van die een wat hy gevang het nie.”

25. Balak sê toe vir Bileam: “As jy hulle nie gaan vervloek nie, mag jy hulle ook nie seën nie!”

Numeri 23