Numeri 23:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Bileam het geantwoord: “Ek kan net dit sê wat God my meegedeel het.”

13. Balak sê toe vir hom: “Kom saam met my na ’n ander plek toe. Jy sal van daar af ’n deel van die Israeliete kan sien. Vervloek hulle vir my van daar af.”

14. Hy het hom na die top van die Pisgaberg in die vlakte van Sofim toe gevat. Daar het hy sewe altare gebou. Op elkeen het hy ’n bul en ’n ram geoffer.

15. Bileam sê toe vir Balak: “Staan net so hier by jou brandoffers. Ek sal die Here daar anderkant ontmoet.”

16. Die Here het Bileam ontmoet. Hy het vir hom nog ’n boodskap gegee. Hy het vir hom gesê: “Gaan terug na Balak en gee vir hom hierdie boodskap.”

17. Hy is toe terug na Balak toe. Hy het saam met sy amptenare by sy brandoffer gestaan. “Wat sê die Here?” het Balak vir hom gevra.

Numeri 23