2. “Hulle moet elkeen onder die vaandel van hulle stam gaan staan. Hulle moet reg rondom die tabernakel kamp opslaan.
18-19. “Efraim, Manasse en Benjamin moet by hulle vaandels wes van die tabernakel kamp opslaan. Hier is hulle volgens stamme, leiers en getalle: Efraim se leier is Elisama seun van Ammihud met 40 500 manskappe;
20-21. Manasse s’n is Gamliël seun van Pedasur met 32 200 manskappe;
22-23. Benjamin s’n is Abidan seun van Gidoni met 35 400 manskappe.
24. Die manskappe aan Efraim se kant van die tabernakel is 108 100. Hulle moet altyd derde versit, net na die Leviete.
25-26. “Dan, Aser en Naftali moet by hulle vaandels noord van die tabernakel kamp opslaan. Hulle is volgens stam, leier en getalle soos volg: Dan se leier is Agiëser seun van Ammi-Saddai met 62 700 manskappe;
27-28. Aser s’n is Pagiël seun van Okran met 41 500 manskappe;