8. Die Here het verder ook nog vir Aäron gesê: “Ek het jou aangestel om al die dinge wat die Israeliete vir My bring, te ontvang. Ek het bepaal dat dit aan jou en jou seuns behoort. Dit sal altyd so wees.
9. Die dele van die heel heiligste offers wat nie in die vuur geoffer word nie, is joune. Daardie gedeeltes van die maaltydoffer, sonde-offer en skuldoffer wat die volk vir My bring, kom jou en jou seuns toe.
10. Julle kan dit eet. Julle moet dit egter sien as iets wat besonder heilig is. Al die mans mag daarvan eet. Dit moet vir jou iets heiligs wees.
11. “Die offers wat die Israeliete vir My bring wat na My uitgehou word by die altaar, behoort ook aan jou. Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters. Dit is ’n vaste instelling. Almal in jou huis wat rein is, mag daarvan eet.
12. “Al die beste olyfolie, wyn en graan wat vir die Here gebring word, gee Ek ook vir jou.
13. Die eerste oes van die land wat hulle vir die Here bring, is ook joune. Almal in jou huis wat rein is, mag dit eet.
14. Enigiets of iemand wat spesiaal aan die Here afgestaan is, word ook joune.
15. Elkeen, mens of bees, wat eerste gebore word en wat aan die Here afgestaan word, is ook joune. Onthou dat elke mens wat eerste gebore word, losgekoop moet word. Onrein diere se eersteling moet ook losgekoop word.