1. Die Here het vir Moses gesê:
2. “Sê vir die Israeliete: ‘Wanneer julle in die land kom wat Ek vir julle gee en julle daar gevestig is,
3. kan iemand vir die Here ’n offer bring. Dit kan ’n brandoffer of enige ander offer wees. Dit kan bedoel wees om ’n belofte na te kom, as ’n vrywillige offer, of ’n offer gedurende ’n fees. Dit moet dan uit die beeste of die vee kom.
4. Die persoon wat dit vir die Here offer, moet dan ook ’n graanoffer van een en ’n half kilogram meel, gemeng met een liter olie vir die Here bring.
5. Saam met ’n lam wat as brandoffer of gewone offer aangebied word, moet ook ’n liter wyn as drankoffer gebring word.
6. Saam met ’n ram moet jy ’n graanoffer bring van drie kilogram meel, gemeng met een en ’n derde liter olie.
7. Daarby saam gaan ’n drankoffer van een en ’n derde liter wyn. Bring dit vir die vreugde van die Here.
8. Wanneer jy ’n jong bul as ’n brandoffer bring of gewone offer om ’n belofte na te kom of as ’n vrede-offer vir die Here,
9. moet jy ook ’n graanoffer van vier en ’n half kilogram meel gemeng met twee liter olie daarmee saam bring.