Nehemia 9:7-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. U is die Here God,U het Abram gekiesen hom gebring uit Ur van die Galdeërs.U het hom Abraham genoem.

8. Toe U sien dat hy getrou was, het U ’n verbond gesluit met homom aan hom en sy nageslag die land van die Kanaäniete, die Hetiete en Amoriete, die Feresiete, Jebusiete en Girgasiete te gee.U het gedoen wat U beloof het,want U is getrou aan u woord.

9. “U het gesienhoe ons voorouers swaarkry in Egipte,U het gehoor hoe hulle roep by die Rietsee.

10. U het wonders en tekens teen die farao gedoen, teen sy diensknegte en al die mense van sy land.U het geweet dat hulle u volk sonder respek behandel.U dwing tot vandag toe nog net soveel respek af.

11. U het die see voor hulle oopgekloofsodat u volk op droë grond kon deurtrek!Maar U het hulle agtervolgers in die diep waters gegooi,soos ’n klip in magtige waters.

12. Bedags het U ons voorouers deur ’n wolkkolom geleien snags deur ’n vuurkolom.So kon hulle weet watter rigting om te gaan.

13. “U het uit die hemelna Sinaiberg toe afgekomen met hulle gepraat.U het vir hulle gegee: voorskrifte wat regverdig isen gebooie wat seker is,voorskrifte en bevele wat goed is.

14. U het hulle geleervan u heilige Sabbatdag,hulle beveel om die opdragte, voorskrifte en gebooie wat U gegee het deur u dienskneg Moses te gehoorsaam.

15. “Toe hulle honger was, het U uit die hemel vir hulle brood gegee.Toe hulle dors was,water uit die rots.U het hulle opdrag gegee om die land in te neem wat U met ’n eed aan hulle beloof het.

16. Maar ons voorouers was verwaand en hardkoppig, hulle wou u bevele nie gehoorsaam nie.

17. “Hulle was ongehoorsaam en het vergeet van al die wonders wat U vir hulle gedoen het. Hulle was hardkoppig. Hulle het ’n leier aangestel om hulle terug te vat na hulle slawerny in Egipte.Maar U is ’n God wat vergewe,genadig en vol deernis.U word nie vinnig kwaad nie, U is liefdevol en getrou.U het hulle nie in die steek gelaat nie,

18. selfs toe hulle vir hulle ’n beeld van ’n kalf gemaak het.Hulle het gesê:‘Hierdie is julle god wat julle gebring hetuit Egipte!’Hulle het verskriklike,godslasterlike dinge gedoen.

19. Maar in u groot liefde het U hulle nie in die woestyn aan hulle lot oorgelaat nie. In die dag het die wolkkolom steeds vir hulle die koers aangedui. In die nag het die vuurkolom steeds hulle pad verlig.

20. U het u goeie Gees gegee om hulle te leer. U het ook nie opgehou om vir hulle brood uit die hemel te gee en water om hulle dors te les nie.

21. U het hulle vir 40 jaar in die woestyn onderhou. In dié tyd het hulle niks kortgekom nie. Hulle klere het nie verweer nie, hulle voete nie geswel nie!

22. “U het ons voorouers gehelp om koninkryke en nasies te oorwin.U het groot dele land aan hulle toegewys. Hulle het die grondgebied van koning Sihon van Hesbonen koning Og van Basan oorgeneem.

23. U het hulle kinders so baie gemaak soos die sterre in die hemel.U het hulle gebring in die landwat U gesê hethulle voorouers moet in besit neem.

24. Hulle het die land ingegaan en dit in besit geneem. U het die mense van die land aan hulle onderwerp. Selfs die konings en die Kanaäniete wat in die land gebly het, was magteloos!U volk kon met hulle doen net wat hulle wou.

Nehemia 9