Nehemia 12:46-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

46. Die tradisie om koorleiers te hê wat die koor in lof- en dankliedere lei, het reeds in die tyd van Dawid en Asaf al bestaan.

47. In die tyd van Serubbabel en Nehemia het die hele Israel vir die sangers en die poortwagte se onderhoud gesorg soos dit elke dag nodig was. Hulle het ook vir die Leviete die deel gegee wat hulle toekom. Die Leviete het op hulle beurt weer gesorg dat die priesters, die nageslag van Aäron, dié deel kry wat hulle toekom.

Nehemia 12