Miga 6:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Luister wat die Here sê:“Staan op en stel jou saak terwyl die berge en die heuwels na jou luister.

2. Berge, vaste fondamente van die aarde, luister na die klag van die Here! Die Here maak ’n regsaak teen sy volk. Hy lê ’n klag teen Israel.

3. “My volk, wat het Ek julle aangedoen? Waarmee het Ek julle oorlaai?Antwoord My!

4. Ek het julle tog uit Egipte gebring,julle uit slawerny gered.Ek het Moses, Aäron en Mirjam gestuur om julle te help.

Miga 6