Matteus 9:36-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

36. Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ’n wagter.

37. Daarop sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die werkers is min.

38. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien.”

Matteus 9