Matteus 13:56-58 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

56. En sy susters, hulle woon tog almal hier onder ons. Wat maak hom so danig belangrik?”

57. Hulle was verontwaardig en wou niks van Hom weet nie. Daarop het Jesus vir hulle gesê: “’n Profeet word oral gerespekteer behalwe in sy tuisdorp en in sy eie familiekring.”

58. As gevolg van hulle ongeloof het Hy daar maar min wonderwerke gedoen.

Matteus 13