Markus 8:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Hy het hulle toe net daar gelos, in die skuit geklim en weer na die oorkant toe vertrek.

14. Die dissipels het vergeet om brood te koop. Hulle het net een brood by hulle in die skuit gehad.

15. Jesus waarsku hulle toe: “Wees baie versigtig vir die suurdeeg van die Fariseërs en Herodes.”

16. Hulle het toe onder mekaar geargumenteer: “Hy sê dit omdat ons geen brood by ons het nie.”

17. Jesus het geweet wat hulle dink en sê toe vir hulle: “Waarom argumenteer julle onder mekaar omdat julle nie brood het nie? Sal julle nooit leer of verstaan nie? Is daar nog steeds soveel weerstand in julle harte?

18. Julle het oë – kan julle dan nie sien nie? Julle het ore – kan julle dan nie hoor nie? Onthou julle dan glad nie?

Markus 8