30. Jesus het dadelik agtergekom dat daar genesingskrag van Hom uitgegaan het. Daarom het Hy so tussen die baie mense omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?”
31. Sy dissipels protesteer toe: “U sien tog hoe die massa U verdring. Hoe kan U vra: ‘Wie het aan my klere geraak?’”
32. Maar Jesus het bly rondkyk om te sien wie dit gedoen het.
33. Onder die besef van wat met haar gebeur het, het die vrou, bewend van angs, voor Hom kom neerval en vir Hom alles openhartig vertel.
34. Hy het vir haar gesê: “My dogter, omdat jy so vas geglo het, het jy gesond geword. Gaan in vrede en wees vir altyd genees van jou kwaal.”
35. Terwyl Hy nog besig was om met haar te praat, kom daar boodskappers van Jaïrus se huis af met die boodskap: “Jou dogter is dood. Dit sal nie help om die leermeester langer lastig te val nie.”
36. Jesus het die boodskap egter gehoor en vir Jaïrus gesê: “Moet jou nie ontstel nie; vertrou net.”
37. Jesus het die menigte gestop en niemand toegelaat om verder saam met Hom te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en sy broer Johannes.