Maleagi 2:6-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. mense in my waarheid onderrig en nie leuens vertel nie. In vrede en opregtheid het hulle saam met My geloop. Hulle het ook baie mense gehelp om weg te draai van die sonde.

7. “Die priester moet waak oor die kennis wat hy meedeel. Hy moet die volk kan leer wat my wil is, want hy is die boodskapper van die Here, die Almagtige.

8. Maar dit was nie so met julle nie!” Die Here, die Almagtige, sê: “Julle het van my pad afgedwaal. Julle sogenaamde onderrig het baie mense laat struikel. Julle het skade aangerig aan my verbond met die Leviete.

9. “Julle het nie gelewe soosEk vereis nie en was partydigin julle toepassing van my voorskrifte.Daarom het Ek veroorsaak dat julle by die hele volk verag en verneder word.”

10. Is ons nie kinders van dieselfde Vader nie? En is ons nie almal deur een God geskep nie?Hoekom bedrieg julle mekaar dan, verbreek julle die verbond wat God met ons voorouersgemaak het?

11. In Israel en Jerusalem het iets afstootliks gebeur: Juda was ontrou! Die Here het die tempel baie lief, maar die mans van Juda het dit ontheilig deur te trou met vroue wat vreemde gode aanbid.

12. Mag die Here alle mense wat so iets doen uit die gemeenskap van Israel verwyder,selfs al bring hulle gereeld offers aan die Here, die Almagtige.

13. Daar is nog iets wat julle doen. Julle stort trane by die Here se altaar. Julle huil en kerm, maar Hy aanvaar nie julle offers met goeie guns nie.

14. Julle roep uit: “Hoekom nie?” Dis omdat die Here ’n getuie was toe jy en jou vrou julle beloftes aan mekaar gemaak het. Maar jy was ontrou aan haar ten spyte daarvan dat sy getrou as jou metgesel gebly het,die vrou aan wie jy jou huweliksbeloftes gemaak het.

Maleagi 2