Lukas 3:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dit was nou die vyftiende regeringsjaar van Tiberius, die Romeinse keiser. Pilatus was goewerneur in Judea, Herodes Antipas was heerser in Galilea, sy broer Filippus was heerser oor Iturea en Tragonitis, en Lisanias was heerser oor Abilene.

2. Annas en Kajafas was die hoofpriesters. In dié tyd het ’n boodskap van God gekom na Johannes, seun van Sagaria, wat in die woestyn gebly het.

3. Johannes het van plek tot plek aan albei kante van die Jordaanrivier beweeg en gepreek dat mense gedoop moes word om te wys dat hulle tot inkeer gekom het, en so vergifnis van sonde ontvang het.

4. Jesaja het van Johannes gepraat toe hy gesê het:“Hy is ’n stem wat uitroepin die woestyn:‘Kry die Here se pad gereed. Maak vir Hom ’n hoofweg.

5. Vul die valleie op,en maak die berge en heuwels gelyk!Maak die krom paaie reguit,en maak die ruwe plekke gelyk!

6. En al die mense sal die verlossingsienwat van God kom.’”

7. Hier is ’n voorbeeld van Johannes se prediking aan die skares wat gekom het om gedoop te word: “Julle broeisel slange! Wie het julle gewaarsku om God se komende oordeel te ontvlug?

Lukas 3