31. en die derde broer het met die weduwee getrou, maar ook kinderloos gesterf. Net só het ook die res van die sewe kinderloos gesterf.
32. Laastens het ook die vrou gesterf.
33. Wie se vrou word sy dan by die opstanding? Het al sewe die broers haar dan nie as vrou gehad nie?”
34. Jesus het hulle geantwoord: “Die mense van hierdie wêreld trou en word in die huwelik uitgegee,
35. maar dié wat kwalifiseer vir die toekomstige wêreld en die opstanding uit die dood, trou nie meer nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie.
36. Hulle kan ook nie meer doodgaan nie, want hulle is gelyk aan engele. Hulle is juis kinders van God omdat hulle kinders van die opstanding is.
37. Die dooies word opgewek soos Moses reeds in die gedeelte oor die doringbos uitgewys het toe hy die Here genoem het ‘die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob’.
38. Hy is mos nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes, want voor Hom leef hulle almal.”
39. Sommige uit die geledere van die skrifkenners het gereageer: “Leermeester, u het dit mooi gestel.”
40. Hulle het dit daarna nie meer gewaag om Hom iets te vra nie.
41. Jesus het vir hulle gevra: “Hoe kan hulle dan beweer dat die Messias die seun van Dawid is?
42. Dawid sê self in die boek van die Psalms:‘Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhand
43. totdat Ek jou vyandeheeltemal aan jouonderwerp het.’
44. “Dawid noem Hom dan ‘Here’; hoe kan Hy sy seun wees?”
45. Terwyl die hele volk aandagtig na Jesus luister, sê Hy aan sy dissipels:
46. “Lig loop vir die skrifkenners. Hulle wil graag op en af loop met hulle ampsklere aan. Hulle is ook lief daarvoor om op die markplekke met respek gegroet te word en om die voorste sitplekke in die sinagoges, asook die ereplekke by die etes in te neem.