30. wat nie soveel keer meer in hierdie tyd ontvang nie, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe.”
31. Jesus het die twaalf eenkant geneem en vir hulle gesê: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe en alles wat deur die profete opgeteken is oor die Seun van die Mens sal volledig vervul word.
32. Hy sal uitgelewer word aan die nie-Jode en bespot, beledig en ook op gespoeg word.
33. En nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak. Op die derde dag sal Hy egter weer opstaan.”
34. Hulle het egter niks hiervan verstaan nie. Hierdie verduideliking was vir hulle verberg en hulle het nie begryp wat Hy sê nie.
35. Jesus het in die omgewing van Jerigo aangekom. ’n Blinde man het langs die pad gesit en bedel.
36. Toe hy die skare hoor wat verbyloop, het hy probeer uitvind wat aan die gang is.
37. Hulle het hom toe vertel dat Jesus van Nasaret besig is om verby te loop.
38. Die blinde het hard uitgeroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!”
39. Die mense wat vooruit geloop het, het hom bestraf om hom stil te kry, maar hy het eerder nog harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!”