Lukas 18:25-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Want dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryke om aan die koninkryk van God deel te kry.”

26. Die mense wat dit gehoor het, sê toe: “Wie is dan in staat om verlos te word?”

27. Jesus het gereageer: “Dié dinge wat by mense onmoontlik is, is juis by God moontlik.”

28. Petrus sê toe daarop: “Kyk, ons het ons eie besittings prysgegee en U gevolg.”

29. Jesus het geantwoord: “Ek verseker julle, daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God hulle huis of vrou of broers of ouers of kinders prysgegee het,

30. wat nie soveel keer meer in hierdie tyd ontvang nie, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe.”

31. Jesus het die twaalf eenkant geneem en vir hulle gesê: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe en alles wat deur die profete opgeteken is oor die Seun van die Mens sal volledig vervul word.

32. Hy sal uitgelewer word aan die nie-Jode en bespot, beledig en ook op gespoeg word.

33. En nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak. Op die derde dag sal Hy egter weer opstaan.”

Lukas 18