Lukas 15:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Tollenaars en ander sondaars het dikwels na Jesus se onderrig kom luister.

2. Fariseërs en wetskenners het beswaar gemaak dat Hy met veragtelike mense geassosieer het – en selfs saam met hulle geëet het!

3. Jesus het toe hierdie gelykenis vertel:

4. “As jy 100 skape het en een het verdwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie?

Lukas 15