Levitikus 9:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Aäron het toe ook die dier vir die brandoffer geslag. Sy seuns het vir hom die bloed gebring en hy het dit teen die kante van die altaar gesprinkel.

13. Hulle het die dier stuk vir stuk saam met die kop vir hom aangegee en hy het elke deel op die altaar verbrand.

14. Hy het toe die binnegoed en die bene gewas en dit ook as ’n brandoffer op die altaar verbrand.

Levitikus 9