6. Hy het Aäron en sy seuns laat naderkom en hulle met water gewas.
7. Hy het toe vir Aäron priesterklere aangetrek en die ampserp om hom gebind. Hy het ook die priestermantel en die priesterlike skouerkleed vir hom aangetrek. Hy het die skouerkleed met die ampserp vasgemaak.
8. Daarna het Moses ook die borssak aan Aäron vasgemaak en die Urim en Tummim daarin gesit.
9. Hy het toe ook die tulband met die goue plaat voor op sy kop gesit, net soos die Here hom beveel het om te doen.