24. sal Ek vyandig word teenoor julle. Ek sal julle persoonlik tref met nog sewe rampe vir julle sonde.
25. Ek sal leërs teen julle uitstuur om hierdie verbondsdreigemente uit te voer. As julle na julle stede toe vlug, sal Ek ’n plaag daar laat uitbreek om julle te vernietig en julle vyande sal julle oorwin.
26. Ek sal julle kosvoorrade so uitdun dat tien vroue net genoeg het vir een baksel. Julle kos sal volgens gewig gerantsoeneer word. Al is daar kos om te eet, sal dit nie genoeg wees om julle te versadig nie.
27. “As julle ná al hierdie dinge nog steeds weier om te luister en vyandig bly teen My,
28. sal my vyandigheid teenoor julle nog erger word. Ek sal julle sewevoudig straf vir julle sondes.
29. Julle sal die vleis van julle eie seuns en dogters eet.
30. Ek sal julle heidense heiligdomme vernietig en julle wierookaltare afbreek. Ek sal julle lyke laat ophoop langs julle lewelose afgode. Ek sal julle verafsku.
31. Ek sal julle stede verlate maak en julle aanbiddingsplekke verwoes. Julle offers sal vir My glad nie aangenaam wees nie.