Levitikus 26:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. “As julle egter nie na My luister of my gebooie gehoorsaam nie,

15. en as julle my verbond verbreek deur my reëls te verwerp en my regulasies te minag,

16. sal Ek die volgende met julle laat gebeur: Ek sal paniek onder julle saai. Julle sal aan siektes en koors ly, siektes wat julle blind sal maak en julle lewe laat wegkwyn. Julle sal tevergeefs graan plant, want julle vyande sal dit opeet.

Levitikus 26